Logo

Skelviskoekies

07 Desember

Seekos

3

Soos gesien in 'n episode van Toegang

Skelviskoekies
Bestanddele

500 g Jong aartappels in skil gaargemaak

500 g Skelvis (haddock)

200 g Stokvis (hake)

3 eetlepels Druiwepitolie

1 Ui gekap

1 Rooi soetrissie gekap

2 eetlepels Melk

2 eetlepels Pietersielie fyn gekap

1 eetlepel Dille fyn gekap

1 Suurlemoenskil gerasper

1 Groot ingelegde agurkie fyn gekap

1 Eier

1 eetlepel Suurroom

Seesout

Swartpeper grof gemaal

1 eetlepel Bruismeel

Druiwepitolie vir braai

Metode
  • Plaas vis op bakplaat, sprinkel met 1 eetlpl olie en bak in warm oond tot net gaar
  • Laat afkoel en vlok in groot mengbak
  • Verhit 2 eetlpl druiwepitolie in pan
  • Voeg uie en soetrissie by en laat sweet oor lae hitte tot uie gaar is
  • Roer by vis
  • Plaas gaar aartappels in aparte mengbak, voeg melk by en maak fyn
  • Meng by vis
  • Meng pietersielie, dille, agurkie en suurlemoenskil by
  • Klits eier met suurroom en meng by
  • Geur moet sout en peper
  • Meng meel by
  • Vorm viskoekies en bak in pan met olie tot goudbruin aan albei kante
Eiendomkoekies
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Eiendomskoekies

Gewildste Resepte