Logo

Stokvis met mossels en sampioene

21 Desember

2 persone

Seekos

3

Soos gesien in 'n episode van Toegang.

STOKVIS MET SAMPIOENE EN MOSSELS
Bestanddele

Vir die bolaag:

1 Ui fyn gekap

1 eetlepel Druiwepitolie

1 eetlepel Botter

150 g Portabellini-sampioene fyn gekap

1 blik Mossels fyn gekap (behou olie waarin mossels was)

1 eetlepel Fyn gedroogde broodkrummels

1 eetlepel Parmasaankaas

1 eetlepel Vars Pietersielie fyn gekap

Seesout

Swartpeper grof gemaal

Vir die stokvis:

4 120g Stokvisfilette

1 eetlepel Druiwepitolie

1 eetlepel Botter

1/2 Suurlemoen se sap

Vars gemende kruie

Metode

Vir die bolaag:

  • Verhit olie, botter en ui in pan
  • Braai vir 2 minute
  • Voeg sampioene en roerbraai
  • Roer mossels en olie by
  • (Voeg eetlpl olie of witwyn by indien ekstra vloeistof nodig is)
  • Roer broodkrummels by en roer braai vir 1 minuut
  • Verwyder van hitte en roer parmesaan en pietersielie by,
  • mengsel moet effe krummelrig wees
  • Geur liggies met sout en peper, hou warm

Vir die stokvis:

  • Verhit olie en 1 eetlpl botter in pan
  • Plaas visfilette in pan en braai tot net gaar
  • Geur liggies met sout en peper
  • Plaas filette versigtig op twee borde
  • Skep mosselmengsel bo-oor
  • Verhit 1 eetlpl botter en suurlemoensap in dieselfde pan 
  • Laat borrel oor hoë hitte totdat dit begin verminder, net ’n paar sekondes
  • Drup oor vis
  • Garneer met kruie
KERSFEESKOEKIES
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Kersfeeskoekies

Gewildste Resepte