Logo

Stokvis-en-tamatie-paella

04 Maart

4 Porsies

Seekos

4

Hierdie heerlike stokvis-en-tamatie-paella is in ’n episode van Toks en Tjops voorberei.

Toks-en-Tjops-Paella-1
Bestanddele

1 boksie gevriesde stokvisfilette

45 ml PnP olyfolie

1 ui

3 knoffelhuisies

1 e basiliekruid

t gedroogde rissievlokkies

1 sakkie PnP tamatiepasta

200 ml witwyn

1 blikkie gekapte tamaties

l water

2 k bruinrys

2 t bruinsuiker

100 g chorizo

150 g babaspinasie

Metode

 

  1. Berei 'n vuur voor en versprei die kole om medium lae hitte te kry.
  2. Plaas 'n groot pot of wok-pan op die kole en gooi olyfolie daarin.
  3. Wanneer die olie verhit is, voeg die ui en knoffel by en braai stadig vir 2 minute.
  4. Voeg die gedroogde rissie en basilie by, en hou aan braai vir 'n verdere minuut.
  5. Voeg die tamatiepasta by en roer deur.
  6. Laat dit uitkook voordat jy die witwyn byvoeg.
  7. Verminder die wyn tot 1/3 van die volume, voeg die rys, gekapte tamaties, water, suiker en 'n goeie knypie sout by.
  8. Bedek die pan of plaas die deksel op die Weber.
  9. Kook vir 10 minute voordat jy die deksel verwyder en meng goed.
  10. Plaas die stokvisfilette in die pan en voeg 'n bietjie water by indien nodig.
  11. Hou aan kook totdat die rys en vis gaar is.
  12. Voeg die gesnyde chorizo en babaspinasie by en roer deur.
Toks-24Feb-Rib-Roast-1
Prima-rib en balsamiese sampioensosaties
2017-02-25

Prima-rib en balsamiese sampioensosaties

Gewildste Resepte