Logo

Seekos-kropslaai

26 Oktober

2 Mense (of 4 klein porsies)

Seekos

4

Dié seekos-kropslaai, wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is, lewer genoeg vir twee mense (of vier klein porsies).

EVN2-Ep03-seekos-slaai-1
Bestanddele

Slaai

1 heel kropslaai

6 radyse

2 wortels

16 jong beetblare

16 jong spinasieblare

4 ingelegde artisjokharte

ingelegde seekos

Sous

½ k mayonnaise

1 e sjerrie

1 e suurlemoensap

1 e olyfolie

seesout

grofgemaalde swartpeper

Metode

 

  1. Verwyder die buitenste blare, sny die kropslaai in die helfte, verwyder die stingel en plaas een helfte op 'n bord.
  2. Rangskik die radyse staande tussen die kropslaaiblare.
  3. Bedek met repies wortel, slaaiblare, artisjok en seekos.
  4. Meng al die sousbestanddele saam en drup oor die slaai.
EVN-2-Vermouth-Vis-1
Edik van Nantes Kie About
2016-10-19

Vermouth-gemarineerde vis

Gewildste Resepte