Logo

Viskoekies met patatwiggies

6 Porsies

Braai

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt gewys hoe om viskoekies met patatwiggies voor te berei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik.

Groot-Ontbyt-1
Bestanddele

Patatwiggies:

6 - 8 klein patats

45 ml avokado-olie

swartpeper

1/2 t sout

1 t tiemie of roosmaryn

Viskoekies:

410 g sardyne

45 ml water

1 klein ui

2 wortels

80 ml koekmeel

2 eiers

125 ml hawermout

60 ml blatjang

60 ml vars kruie

5 ml koljander

15 ml suurlemoensap

sout

peper

30 ml suurlemoen-gegeurde-avokado-olie

Metode

Vir die viskoekies:

  1. Plaas die vis met die sous in 'n groot mengbak en druk dit fyner met 'n vurk.
  2. Spoel die blikkie met die water uit en roer met die res van die bestanddele, buiten die olie, by die vis. Meng goed deur. Die beslag is redelik loperig. Geur na smaak.
  3. Verhit 'n dun lagie olie oor matige hitte in 'n braaipan. Skep lepelsvol van die mengsel in die pan en braai vir drie tot vyf minute aan 'n kant. Draai om en braai nog 'n paar minute of tot goudbruin en gaar.
  4. Herhaal met die res van die mengsel en nog olie, soos benodig. Hou die viskoekies warm.
  5. Sit voor saam met slaai of groente van jou keuse. Avokadoskyfies is 'n lekker alternatief.

 

Vir die patatwiggies:

  1. Voorverhit die oond teen 180 °C.
  2. Sny patatas in wiggies en plaas in 'n groot mengbak.
  3. Meng die res van die bestanddele saam en skink oor die patats. Meng om die patats met die olie te bedek.
  4. Plaas in 'n enkellaag op 'n oondbak. Bak vir 30 tot 45 minute of tot goudbruin en gaar.

 

Wenk:

  1. Die resep werk uitstekened met aartappels en botterskorsie.
Die-GROOT-Ontbyt-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-05-23

Appel-en-kaneelmuffins

Gewildste Resepte