Logo

Appel-en-kaneelmuffins

4 Porsies

Gebak

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt gewys hoe om appel-en-kaneelmuffins voor te berei. Dié muffins is ideaal vir die kosblik.

Die-GROOT-Ontbyt-1
Bestanddele

250 ml koekmeel

250 ml volkoringmeel

15 ml bakpoeier

10 ml kaneel

125 ml suiker

250 ml wortels

250 ml appels

3 eiers

100 ml melk

125 ml sonneblomolie

5 ml vanielje-ekstrak

250 ml koekmeel

250 ml volkoringmeel

15 ml bakpoeier

10 ml kaneel

125 ml suiker

250 ml wortels

250 ml appels

3 eiers

100 ml melk

125 ml sonneblomolie

5 ml vanielje-ekstrak

Metode
  1. Voorverhit oond tot 180 °C en smeer die holtes van in 'n muffinpan met 'n bietjie olie.
  2. Meng droë bestanddele in ‘n mengbak saam. Roer appels en wortels deur tot goed gemeng.
  3. Klits eiers, melk, olie en vanielje saam. Roer eiermengsel by die droë bestanddele tot goed gemeng. Moenie te veel meng nie
  4. Skep beslag in die voorbereide muffinpan en bak vir sowat 15 tot 20 minute of tot goudbruin en gaar.

 

Wenk:

  1. Meng 10 ml suiker met 'n knippie gemaalde kaneel en sprinkel oor die muffins net voor dit gebak word.
<p>Paasbolletjies</p>
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-03-14

Paasbolletjies

Gewildste Resepte