Logo

Marciel Hopkins se vistacos

21 Junie

Maak 8 (genoeg vir 4 mense)

Seekos

3

Marciel Hopkins het dié vistacos in ’n episode van Tyd met Aleit voorberei.

TMA Marciel Tacos
Bestanddele

500 g gerookte makriel of vars geelstert

100 ml appelkooskonfyt

500 ml botter (gesout)

1 e gemmer (gerasper)

1 e rissies (fyngekap, sade verwyder)

1 e knoffel (gerasper)

2 e koljander (vars, fyngekap)

2 avokados (fyngedruk)

1 e lemmetjiesap

16 snye perskes (pangebraai in skywe)

80 ml knoffelmayonnaise (aioli)

wortel sowel as kool, soetrissies en rooiuie (fyngekap)

8 mielie-tortillas

koljander en lemmetjiesap vir garnering

Metode

1. Smelt die appelkooskonfyt en die botter saam in ’n klein souspan. Voeg die gemmer, knoffel, rissies en koljander by en laat die mengsel staan om af te koel. Sodra die mengsel afgekoel is, smeer die vis met die appelkoosglasuur.

2. Geur die vis met sout en peper en plaas die vel-kant van die vis na onder in die pan sonder enige olie en op ’n medium hitte. Die glasuur sal vining karameliseer as gevolg van al die suiker in die konfyt. Draai die vis om en braai tot altwee kante goeie kleur gekry het. Sny die vis in 8 eweredige stukke, min of meer 60 g elk.

3. Smeer elke taco met aioli gevolg deur 1 eetlepel fyngedrukte avokado. Plaas die vis bo-op die avokado gevolg deur die gebraaide perskes en groente. Rond jou taco af met vars koljander en ’n skeut vars lemmetjiesap.

Kampkos_Pieter_Koen_garnale
Kampkos Logo
2017-05-29

Garnale op die kole

Gewildste Resepte