Logo

Koffie-gemarineerde fajitas – Net koffie

27 Maart

Meksikaans

4

Dis koffie met ’n skop! Gee jouself oor en laat Meksiko seevier in jóú kombuis. Probeer gerus dié heerlike fajita-resep self.

Net koffie
Bestanddele

1 k rooi ui in blokkies gesny

2 k tamatie in blokkies gesny

3 soetrissie ontpit en in blokkies gesny (jy kan ook jalapeños gebruik na smaak)

suurlemoen sap (die sap van een suurlemoen)

¼ k koljander vars en gekap

sout na smaak

1 kg beesfillet

2 k sterk koffie

3 e melasse

1 e komyn

1 e knoffel vars en gekap

2 t sout

2 e brandrissie droog en gemaal

olyfolie

sout na smaak

swartpeper varsgemaal

Metode

Pico de gallo

  1. Meng al die bestanddele saam, voeg ’n knippie sout by, roer en proe. Sit dit vir ’n rukkie in die yskas, roer en proe weer vir sout.
     

Koffie-gemarineerde beesfillet-fajitas

  1. Klits die koffie, melasse, knoffel, komyn, twee teelepels sout en brandrissie saam. Marineer die beesfillet in die koffiemengsel.
     
  2. Verhit jou rooster op hoë hitte. Verwyder die beesfillet uit die marinade. Geur met net ’n bietjie meer sout en ’n goeie hoeveelheid varsgemaalde peper. Vryf dit nou oor die fillet met olyfolie.
     
  3. Braai die fillet tot verlangde gaarheid.
     
  4. Rus jou steak vir ’n paar minute. Wanneer jy gereed is om voor te sit, sny die steak in repies oor die gryn (die kortpad) en draai toe in tortillas. Voeg ’n lekker skeppie Pico de galla bo-oor die vleis, sowel as ’n skeppie suurroom.
Tiaan Proe
Mac-en-kaas – Tiaan proe
5 April 2022

Mac-en-kaas – Tiaan proe