Logo

Bros mieliemeel-tortillas

19 November

Maak 8 tortillas

Meksikaans

3

Tydens ’n episode van in Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer bros mieliemeel-tortillas voorberei. Foto: Heleen Meyer

DGO_19 November
Bestanddele

bolaag

250 ml jogurt (ongegeurde)

1 t kerriepoeier (matige)

8 ekstra-groot Nulaid eiers (hardgekook en met ’n vurk fyngedruk)

4 JOYA® appels (met die skil, in kwarte en dan in dun wiggies gesny)

2 mielies aan die stronk (gekook en pitte van die stronk gesny)

2 handevol klein slaaiblare

1/2 komkommer (gehalveer en in dun skyfies gesny)

2 selderystingels (in dun diagonale skywe gesny)

1 handvol kruisement en Italiaanse pietersielie

mieliemeel-tortillas

250 ml Toeka se wit mieliemeel

300 ml volkoringmeel (steengemaalde)

2,5 ml sout

5 ml komyn (gemaalde)

30 ml sonneblom-, olyf- of avokado-olie

250 ml kookwater

125 ml koekmeel (ekstra om mee uit te rol)

Metode

1. Mieliemeel-tortillas: Plaas beide die mele in ’n groot mengbak. Voeg die sout en komyn by en roer die olie by die meel.

2. Skink die kookwater by die meelmengsel en roer met ’n houtlepel tot ’n sagte deeg vorm.

3. Verdeel die deeg in 8 balletjies en rol dit in individuele sirkels op ’n meelbestrooide oppervlak uit.

4. Vou elke sirkel in die helfte en vou dan weer in die helfte en rol weer in sirkels uit. Herhaal met al die orige deeg en bedek met ’n skoon afdroogdoek totdat dit gebraai word.

5. Verhit ’n dun lagie olie oor ’n lae tot matige temperatuur in ’n braaipan (bv. ’n AMC 24 of 28 cm Chef’s Pan).

6. Braai die tortillas aan albei kante in die pan tot goudbruin. Herhaal met die res van die tortillas.

7. Bolaag: Meng die jogurt, kerriepoeier en eiers saam.

8. Skeur elke tortilla in stukke, en bedien dit saam met die eiermengsel, appels en die res van die slaaibestanddele.

Wenke:

1. Vir perfekte sirkels, sny die deeg met ’n 20 of 24 cm-deksel uit sodra dit klaar uitgerol is.

2. Hardgekookte eiers: Plaas die eiers met kraanwater in ’n kastrol en verhit oor ’n matige temperatuur. Begin die tyd meet sodra die water begin prut en kook die eiers vir 8-10 minute. Skep eiers in ’n bak met koue water en sodra dit koud genoeg is om te hanteer, kan jy die eierdoppe liggies teen ’n harde oppervlak kraak – dit sal help om die eiers later makliker af te dop.

 

Die GROOT Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
12 November 2018

JOYA®-knibbelhappie en Oosterse roereier