Logo

Mac-en-kaas – Tiaan proe

05 April

Pasta

3

Soos gesien in ’n episode van Tiaan proe. 

Tiaan Proe
Bestanddele

1 pak pasta van jou keuse (klein vorms werk goed, soos penne, macaroni of elmbogies)

5 e botter

5 k melk

1 pakkie sampioene gekerf

3 huisies knoffel gerasper

sout na smaak

peper na smaak

1 handvol pietersielie gekap

2 k kaas van jou keuse, gerasper

6 vis-filette

Metode
  • Maak ’n groot pot vol water en voeg genoeg sout by.
  • Gooi die pasta in die water en roer goed.
  • Smelt die botter in ’n pot, en braai die uie en die sampioene. Voeg die knoffel by en roer vinnig.
  • Strooi nou die meel oor die uie-mengsel.
  • Gooi die melk by en gebruik ’n klitser om te roer. Hou aan roer totdat die sous verdik en kook – wees egter versigtig dat die sous nie brand nie.
  • Verwyder die sous vanaf die hitte en voeg die kaas by. Roer vinnig totdat die kaas in die sous in smelt.
  • Gooi die water van die pasta af en meng in by die sous.
  • Pak die vis-filette bo op en bak in ’n voorverhitte oond teen 180 ˚C totdat die vis bruin en bros is bo-op.
  • Strooi die pietersielie oor en bedien. Sonder die vis is dit ’n lekker basiese weergawe.