Logo

Jan Braai se nachos potjie

09 Desember

Meksikaans

Wie is lus vir ’n Meksikaanse feesmaal? 

_BP_1528 (1)
Bestanddele

Om te bedien:

1 pak mielie skyfies of nachos, die tipe wat soos ’n driehoek lyk, meer algemeen bekend as doritos

2 mielies

2 avokado’s, geskil en in blokkies gesny

suurroom

vars Koljander

Vir die tamatie-basis:

1 sopie olyfolie

1 ui, gekap

2 soetrissies (groen, rooi of geel), gekap

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 sopie paprika

1 t fyn komyn

1 t fyn koljander

1 t gedroogde gemengde kruie

½ t brandrissiepoeier

1 blik gekapte tamaties

1 blik rooi nierboontjies, gedreineer

¼ blik bier, (min of meer 80 ml, jy kan die res drink)

sout en peper, na smaak

300 g cheddar kaas, gerasper

Metode

LAAT WAAI!

Sit jou potjie op die vuur en verhit die olie. Gooi die uie en soetrissies by en braai tot sag. Gooi nou die knoffel, paprika, brandrissiepoeier, komyn, gemaalde koljander en droë kruie by en braai vir nog ’n minuut.

Voeg die tamaties, bone en bier by en laat prut met die deksel op vir so 15 minute. Haal die deksel af en laat die pot aanhou prut om die die sous dikker te maak. Roer gereeld en krap die potjie se bodem sodat die sous nie vasbrand nie.

Gooi die gerasperde kaas by, sit die potjie se deksel op en wag ’n paar minute vir die kaas om te smelt.

Terwyl jy die smoor in die potjie maak, braai jy die mielies op ’n rooster oor warm kole. Draai hulle dikwels en laat die mieliepitte effens skroei. Mik om stappe 3 en 4 gelyktydig af te handel. Wanneer die mielies reg is, na so 15 minute, haal jy hulle van die vuur af en sny al die pitte met ’n skerp mes af. Mielies wat netso van die vuur af kom, is nogal warm, so hanteer hulle met handskoene of ’n tang.

Bedien die maaltyd deur die smoor in die pot met ’n groot lepel eenkant toe te krap en dan die nachos in die spasie te sit. Nou voeg jy die avokadopeer, suurroom en mielies by, en garneer met vars koljander.

cheese moinks
Toks & Tjops Poster
2019-12-09

Frikadelle met kaas en spek