Logo

Frikadelle met kaas en spek

09 Desember

Braai

4

Ons monde water reeds! 

cheese moinks
Bestanddele

Vir die smeer:

1 e bruinsuiker

1 e paprika

½ e swartpeper

1 e growwe sout

½ t knoffelsout

½ t uiepoeier

knypie rooipeper

Vir die sous:

½ k tamatiesous

¼ k donker bruinsuiker

½ t heuning

¼ t rissiepoeier

1/8 t mosterdpoeier

knypie growwe sout

knypie swartpeper

Metode

Metode: 

Meng die bestanddele vir die smeer.

Sny die kaas in blokkies van ongeveer 2,5 cm. Druk maalvleis om die kaas en maak seker dat al die kaas toe is.

Rol mildelik in die smeer.

Rol die spek om die frikadelle.

Meng al die bestanddele vir die sous in ’n pannetjie en kook saggies vir ongeveer 10 tot 15 minute.

Maak die braai reg vir indirekte kook, ongeveer 120°C.

Plaas die frikadelle op die rooster en voeg ’n paar Weber Wood Chips in die geur van jou keuse by.

Braai tot gaar. Haal af van rooster en gooi sous oor. Braai vir nog ongeveer 15 minute.

Sny in die helfte en bedien dadelik.

rump roast 2
Toks & Tjops Poster
2019-12-02

Lig-gerookte kruisskyf (rump) gemarineer in olyfolie, heuning, tiemie en roosmaryn met gebakte patat

Gewildste Resepte