Logo

Meksikaanse hoender-burrito

28 Maart

4 Porsies

Meksikaans

3

Dié Meksikaanse hoender-burrito is tydens 'n episode van Toks en Tjops voorberei. Kry die resep.

Toks-en-Tjops-Burrito-1
Bestanddele

Basiese bestanddele

1 gegeurde, oopgevlekte hoender

4 volgraan- tortillas

Gegeurde rys

1 k bruinrys

1 t tamatiepasta

t gedroogte rissievlokkies

t gemaalde koljander

2 sprietuie

1 blikkie gekapte tamaties

2 k water

2 k suiker

sout

olyfolie

Salsa

2 mielies

200 g kersietamaties

30 g koljander

1 b nierboontjies

knypie sout

Metode

 

  1. Berei 'n vuur voor en skraap die kole oop om medium hoë hitte te kry en sit die rooster oor die kole.
  2. Plaas 'n mediumgrootte pot op die rooster en voeg 'n bietjie olyfolie by.
  3. Voeg die sprietuie, gedroogde rissie en gemaalde koljander by die olie en braai vir 30 sekondes. Voeg dan die rys by.
  4. Braai die rys in die pan, roer gedurig.
  5. Voeg die tamatiepasta by en roer deur totdat dit goed gemeng is.
  6. Voeg die blikkie tamatie, water, suiker en 'n goeie knypie sout by.
  7. Bedek die pot en laat prut vir 10 minute totdat die water geabsorbeer is.
  8. Gebruik 'n vurk en roer die ryskorrels los en geur indien nodig.
  9. Terwyl die rys kook, plaas die oopgevlekte hoender op die rooster en braai totdat dit mooi bruin aan alle kante is en tot deurgekook.
  10. Los die hoender eenkant om vir 'n paar minute te rus.
  11. Meng al die salsa-bestanddele saam en geur met 'n knypie sout.
  12. Wanneer die hoender gerus het, gebruik twee vurke en trek die vleis los en maak seker om al die bene te verwyder.
  13. Om saam te stel: verhit die tortilla oor die kole vir 5 sekondes.
  14. Plaas 'n stewige porsie van die hoender, gegeurde rys en salsa in die middel van die tortilla.
  15. Vou die een kant van die tortilla oor en vou styf om 'n pakkie te maak. Vou die twee sykante in en rol op.
  16. Rooster oor die kole tot goud en bros.

Gesondheidswenk:

  1. Om 'n gesonder alternatief te skep met minder kalorieë, laat die rys uit. Of bedien die hoender op die gegeurde rys saam met die salsa as garnering.

 

Toks-en-Tjops-Paella-1
Stokvis-en-tamatie-paella
2017-03-04

Stokvis-en-tamatie-paella