Logo

Sirloin Quesadillas met Guacamole

13 Desember

Meksikaans

3

Die perfekte Meksikaanse-feesmaal. 

Sirloin Steak Quesadillas with Guacamole
Bestanddele

Om te bedien:

6 tortillas

225 g grofgerasperde cheddar

suurroom of ongegeurde Griekse jogurt

Vir die guacamole:

2 2 ryp avokados, in blokkies gesny

1/3 k fyngekapte uie, afgewas onder koue water in ’n sif

1 1 medium jalapeño-peper, gemaal en sade uit indien verkies

1 e varsgekapte koljanderblare

2 e vars lemmetjiesap

½ t kosher-sout

Vir die marinade:

3 e vars lemmetjiesap

2 e sonneblom-olie

2 e chipotle-pepers, gemaal

1 e knoffel, gemaal

1 t kosher-sout

½ t komyn, gemaal

½ t swartpeper, gemaal

Vir die steak:

680 g sirloin-steak, vet afgesny en skuin in 3 tot 4 stukke gesny

Metode

Meng al die marinade-bestanddele in ’n seelbare sak. Plaas die steak in, druk die lug uit die sak en seël. Plaas in ’n bak en plaas in yskas vir 2 tot 8 ure. Laat steaks teen kamertemperatuur staan vir tussen 15 tot 30 minute voor jy dit braai.

Meng al die guacamole-bestanddele in ’n bak en druk fyn met ’n vurk. Maak met kleefplastiek toe en hou in yskas tot opdiening.

Berei die braai vir direkte braai oor hoë hitte voor.

Haal die steaks uit die sakkie en gooi die marinade weg. Braai die steak oor direkte hitte, met die deksel op, vir 4 tot 6 minute vir medium-gaar. Draai een keer om. Sny die steak teen die grein in dun snye.

Verlaag die temperatuur vir direkte kook oor lae hitte.

Borsel elke tortilla liggies met olie. Plaas die torilla, olie-kant na onder, op ’n werksoppervlak. Maak nou die quesadillas deur 3 eetlepels van die kaas in ’n halwekant van die tortillas te plaas. Sit dan die steak op en dan nog kaas. Vou die leë kant van die tortilla oor die vulsel en druk plat.

Braai die quesadillas met die deksel op vir ongeveer 4 tot 6 minute. Draai een keer om. Haal van rooster af en laat vir ’n minuut rus. Sny die quesadillas in driehoeke en bedien warm met guacamole en suurroom.

cheese moinks
Toks & Tjops Poster
2019-12-09

Frikadelle met kaas en spek