Logo

Lockdown nachos

4-6 persone

Gebak

212040

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Lockdown Nachos01
Bestanddele

1/2 Ui gekap

2 huisies Knoffel fyn gedruk

1 eetlepel Olyfolie

2 teelepels Koemynsade (of fynkoemyn)

2 teelepels Koljander

1 teelepel Origanum

Swart Peper na smaak

1 teelepel Gerookte Paprika

1 blikkie Rooi Nierbone

1 blikkie Mielies

1 blikkie Tamatie

Sout na smaak

2 koppies Kaas gerasper

1 pak Nachos (of Doritos)

Suurroom

Avo

Metode

Braai die speserye saam vir so 2 minute. Maal hulle lekker fyn in ’n stamper en vesel.

Braai die uie in die olie tot sag, so 6 minute.

Voeg die knoffel en speserye by.

Voeg dan die bone, mielies en tamatie by. Geur goed met sout en peper.

Voorverhit die oond se rooster.

Sprei nachos uit in ’n oondvastepan.

Bedek met die boonmengsel.

Bedek met kaas en rooster tot dit gesmelt is.

As jy nog het - bedien dit dan met suurroom, avokadopeer en vars koljander.

 

Gewildste Resepte