Logo

Tiaan se vinnige tuisgebakte ciabata

4 Groot (12-16 kleiner) ciabattas

Gebak

182429

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger.

<p>Tiaan se vinnige ciabata</p>
Bestanddele

500 g Meel

500 ml Water

1 pakkie Kitsgids

Sout

Suiker

extra meel vir die brood vorm

Metode

In ’n groot menger met die k-hoek aan: meng die meel, water, kitsgis en ’n knippie sout saam vir 10 minute of tot ’n slap deeg vorm. Dit is belangrik dat dit goed saam meng vir 10 minute om die glutien te ontwikkel.

Bedek dan die bak en los om te rys vir ongeveer 4 ure.

Voorverhit die oond na 200C.

Gooi baie meel op ’n oppervlakte en gooi versigtig die deeg uit op die oppervlakte - jy moet saggies werk om so min as moontlik van die lugborrels te verloor.

Met ’n skraper, sny die deeg baie versigtig in brode of rolletjies in en plaas saggies op ’n voorbereide bakplaat.

Bak vir 20-30 minute of tot goudbruin.

<p>Peri-Peri Skilpadjies</p>
Jan Braai
2020-02-25

Peri-Peri Skilpadjies

Gewildste Resepte