Logo

Kreefstertslaai

07 Desember

4 Porsies

Seekos

Hierdie kreefstertslaai lewer twee porsies. Kry die resep hier, soos voorberei in ’n episode van Edik van Nantes 2.

EVN2-Ep09-KREEFSTERTSLAAI-1
Bestanddele

Slaai

vlees van 2 gekookte kreefsterte

½ ryp mango

½ ryp lemoen

200 g jong, gemengde slaaiblare

10 koljander

Sous

saad van halwe vanieljepeul

sap van 1 suurlemoen

5 e olyfolie

seesout

grofgemaalde swartpeper

Metode

 

  1. Plaas die kreefsterte op 2 borde en rangskik die slaaiblare, mango en lemoen rondom of na willekeur.
  2. In 'n mengbak, voeg die olyfolie, vanieljesaad en suurlemoensap saam en meng deeglik, voeg sout en peper by na gelang van smaak.
  3. Drup die slaaisous oor die kreefbord.
  4. Versier met 5 takkies koljander elk.
EVN2-Ep09-HOENDER-GRUYERE-1
Edik van Nantes Kie About
2016-12-07

Hoender met gruyère

Gewildste Resepte