Logo

Hoenderslaai met brokkoli en appel

4 Porsies

Braai

4

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer hoenderslaai met brokkoli en appelvoorberei.

Hoenderslaai-2
Bestanddele

Hoender

5 ml Westfalia avokado-olie

hoenderborsies

80 ml sterk Rooibostee

1 lourierblaar

Kaas-en-mieliemuffins

500 g volkoringmeel

15 ml baba-aartappels

5 ml mosterdpoeier

knippie sout

20 ml vars tiemieblare

50 g gerasperde cheddarkaas

200 ml bevrore mieliepitte

80 ml Plain Westfalia avokado-olie

3 ekstra-groot Nulaid eiers

500 ml sesaamsaadjies

Slaai:

7 ml matige mosterd

45 ml suurlemoensap

5 ml heuning

45 ml Westfalia avokado-olie

2 ml gedroogde origanum

swartpeper

100 g brokkoli

250 ml bevrore ertjies

komkommer

1 groot handvol gemengde slaaiblare

2 JOYA appels

200 g Westfalia Plain Guacamole

Metode

Vir die hoender:

  1. Voorverhit olie oor matige hitte in a groot braaipan (AMC 24 cm Chef's Pan werk uitstekend). Braai hoender aan beide kante tot goudbruin.
  2. Verlaag die hitte, voeg tee en lourierblaar by. Plaas ‘n deksel op en prut 15 tot 20 minute of tot net gaar. Skep uit en laat afkoel. (Die pansappe kan gevries word. Gebruik dit dan as aftreksel vir ‘n ander maaltyd). Verwyder die bene en skeur die vleis in kleiner stukkies. Of gebruik enige oorskiet-hoender.

Vir die slaai:

  1. Meng mosterd, suurlemoensap, heuning, olie en origanum saam en geur met peper. Gooi ‘n bietjie oor die gaar hoender om die vleis te marineer.
  2. Gooi kookwater oor die brokkoli of bone en ertjies. Laat 7 tot 10 minute staan of tot net gaar. Dreineer en herhaal proses met die brokkoli en boontjies indien nodig. Spoel af om af te koel.
  3. Pak groente, hoender, komkommer, slaaiblare en appel in ‘n kosblik of op ‘n slaai bord en sit voor met die res van die slaaisous. Skep lepelsvol guacamole by die slaai sodra dit voorgesit word, vir ‘n volledige maaltyd. As die slaai vir ‘n kosblik ingepak word, hou die slaaisous en guacamole apart tot dit geëet word.

Vir die muffins:

  1. Voorverhit die oond teen 180 °C en smeer 2 x 24-muffinpanne liggies met olie.
  2. Plaas die droë bestanddele in ‘n groot mengbak en roer die tiemie, kaas en mieliepitte by.
  3. Meng die olie, eiers en karringmelk saam en roer by die droë mengsel tot dit alles net deurgemeng is, maar moenie die mengsel te veel roer nie.
  4. Skep die beslag in die voorbereide panne en strooi sesaamsaadjies oor.
  5. Bak 40 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Sit as deel van ‘n kosblik voor.
  6.  


Die resep word met trots aangebied deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, JOYA® Appels enWestfalia Fruit Products.  

 

Die-Groot-Ontbyt-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-02-06

Guacamole-en-eier-toebroodjies

Gewildste Resepte