Logo

Guacamole-en-eier-toebroodjies

06 Februarie

4 Porsies

5

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer guacamole-en-eier-toebroodjies voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Kry haar resep hier.

Die-Groot-Ontbyt-1
Bestanddele

4 groot eiers

8 snye vokoringbrood

200 g Westfalia Spicy/Plain Guacamole

1 handvol roketblare

Metode

 

  1. Verhit genoeg water met die eiers in ‘n kastrol (gebruik AMC 24 cm Low) oor ‘n matige hitte en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte sodra die water prut. Prut vir 7 tot 8 minute – dan sal die eiers hardgekook wees om fyngedruk te kan word.
  2. Skep eiers uit die water en dompel dadelik in koue water. Kraak die doppe, sodat dit so gou as moontlik afkoel. Dit help ook om te verhoed dat die eiers verkleur of blou word. Laat afkoel en dop die eiers af.
  3. Sny die eiers in klein blokkies of druk met ‘n vurk fyn. Meng met die guacamole en smeer op 4 snye brood. Plaas roketblare bo-op en maak die broodjies toe met die res van die snye brood en pak in die kosblikke. Geen botter is nodig as die broodjies met guacamole gesmeer word nie.


Hierdie resep word met trots geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, JOYA® Appels en Westfalia Fruit Products.

 

Die-GROOT-Ontbyt-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-02-02

Tuna-en-mieliekoekies

Gewildste Resepte