Logo
HP Toks
web uni tv guide

Toks & Tjops

144GeselsprogramPG

Toks en Tjops kuier eersdaags in Senekal

Nuus
27 April 2016
Toks en Tjops se eerste buite-uitsending vir 2016 vind op 29 April in Senekal, aanbieder Toks van der Linde se grootworddorp, plaas.
Toks en Tjops Span Feature

kykNET se gewilde rugby- gesels- en vermaaklikheidsprogram Toks en Tjops, met aanbieders Toks van der Linde, Breyten Paulse, Janina van Niekerk en Vaatjie, se eerste buite-uitsending vir 2016 vind op 29 April in Senekal plaas.

Toks en Tjops doen jaarliks vier regstreekse uitsendings buite die ateljee in ander omliggende dorpe of stede.

Senekal is Toks van der Linde se tuisdorp en die span het dit dus goedgedink om die Vrystaat te besoek en te gaan kuier waar hierdie rugby-ikoon grootgeword het.

Die gaste is Steve Hofmeyr, Naka Drotske, Flip Fourie, Babs van der Linde (Toks se ma) en Wessel Prinsloo.

Toks se hy is baie opgewonde om sy tuisdorp weer te besoek en sien uit om al die vriende en familie weer te sien. Vervaardiger van Toks en Tjops, Liebie Opperman, sê ook dat die span uitsien na ’n lekker samekoms met die Vrystaters. “Ons geniet dit vreeslik om hierdie uitsendings vanuit verskillende plekke regoor die land te doen. Dis altyd lekker om ons kykers te ontmoet en hulle ook deel van ons program en kuier te maak,” sê sy.

Alle geld wat ingesamel word met kaartjieverkope sal geskenk word aan:

HOMPIE KEDOMPIE KLEUTERSKOOL SENEKAL
PREPRIMÊRE SKOOL SENEKAL
PRIMÊRE SKOOL SENEKAL
PAUL ERASMUS HOËRSKOOL SENEKAL
TEHUIS WESTERSON SENEKAL

Toks en Tjops saai elke Vrydag regstreeks uit om 20:00 op kykNET (kanaal 144).