Logo
Vrystaatbewoners S1 SP BB
web uni tv guide

Vrystaatbewoners

144LewensstylPG13 L
Vrystaatbewoners S1 Poster

Kom verken die Vrystaat en sy mense se wonderlike stories.

S1 | E8
23 Mei 21:30
'S1/E8 of 13'. Ons klim Thaba 'Nchu, die Vrystaat se hoogste berg, met die Khuduga stapklub. Later ontspan ons in Smithf...

Vrystaatbewoners – Kom verken die Vrystaat en sy mense se wonderlike stories

News
05 Maart 2024
Dié reeks begin op 4 April 2024 om 21:30. 
Vrystaatbewoners S1 Article image

Die Vrystaat is bekend vir sy beeldskone bergroetes, uitgestrekte vlaktes en pragtige blomme, maar kykNET se nuwe leefstylprogram Vrystaatbewoners laat die kollig op die unieke mense val wat dié provinsie hul tuiste noem. Dié reeks begin op 4 April 2024 om 21:30.  

Vrystaatbewoners delf diep tot in die siel van die provinsie en onthul onbekende fasette en onvertelde stories. Elke persoon deel ’n tapisserie van ervarings rondom liefde, verlies, vasbyt en triomf. 

Ian Martin, die regisseur van die reeks, sê dat elke episode ’n huldeblyk aan die veerkragtigheid en vindingrykheid van Vrystaters is. 

“Elke hoek het ’n storie gehad wat gewag het om vertel te word. Van die bedrywige strate van stedelike sentrums en klein dorpies tot rustige stukke plaasgrond. Vrystaatbewoners is meer as net ’n dokumentêre reeks – dit is ’n reis van ontdekking, deernis en viering van die menslike gees,” sê Ian.

Die reeks sal, onder meer, ’n draai maak in Ficksburg, Fauresmith, Bloemfontein, Clarens, Parys en Koffiefontein. 

Kykers ontmoet inwoners soos Chris Moller en Elmarie Grobler, wat hulle ’n panoramiese uitsig oor Parys gee deur middel van ’n valskermsprong. In Heilbron deel Dries Cilliers en ’n broederskap van duiweboere ’n sagmoedige kameraadskap wat ’n onverwagse riem onder die hart is.

Daar word ook ’n spesiale episode gewy aan die visioenêr Willie Nel, wat ons op sy familieplaas, Moolmanshoek, verwelkom. Ons leer hoe een man se toekomsbeplanning nie net grond en lewens gered het nie, maar ook hoe hy in terme van grondverbetering en volhoubare landbou die hoogste standaarde ter wêreld gestel het.

Ons besoek Thaba ‘Nchu, die hoogste berg in die Vrystaat, met die Khuduga-stapklub. En dan kuier ons ook, onder andere, by die bekroonde kaasmaker Marietjie Crowther en die kampioen-merinoboer Eddie Prinsloo in Heuningkrans buite Smithfield.

Vrystaatbewoners word vervaardig deur die lewensversekeringsmaatskappy BrightRock.

“Met Vrystaatbewoners en sy voorgangers – Laeveldbewoners, Karoobewoners en Weskusbewonersvier en vertel ons die pragtige stories van die mense wat tuis is in streke van Suid-Afrika wat dikwels oor die hoof gesien word. Ons hoop dat kykers die geskiedenis en kultuurdiversiteit van die mense van die Vrystaatse provinsie sal geniet en waardeer, en ook geïnspireer sal word deur hul merkwaardige stories,” sê Suzanne Stevens, adjunk-uitvoerende beampte van Brightrock, van die reeks. 

Vrystaatbewoners word elke Donderdagaand vanaf 4 April om 21:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dié asemrowende reeks sal ook op DStv Stream beskikbaar wees.

Nog Programme

DStv Catchup
Emo Adams in Oppi Noot

Oppi Noot

13:00 | 27 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Ysters op die landgoed S2 Poster

Ysters Op Die Landgoed

18:30 | 27 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Fiesta S26 Poster

Fiësta

18:00 | 28 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
Voetspore S13 Suid Amerika

Voetspore

20:00 | 28 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
4x4 met Andre S3 Poster

4x4 Met André

17:30 | 29 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Bolhuis beslis

Bolhuis Beslis

21:00 | 30 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Met n huppel in die stap S15 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 31 Jul
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Boer soek 'n vrou 16

Boer Soek 'n Vrou

20:00 | 01 Aug
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Anzel in die Boland S4 Poster

Anzél In Die Boland

18:30 | 02 Aug
web uni tv guide
Kanaal
144