Logo

Gebraaide vis met aioli

26 Oktober

4 Porsies

Seekos

713260

Edik van Nantes 2 se Erik en Nataniël het hierdie week gebraaide vis met knoffelmayonnaise (aïoli) voorgesit.

EVN2-Ep03-Vis-en-aioli-1
Bestanddele

2 knoffelhuisies

1 t seesout

½ t swartpeper

2 eiergele

2 e heuning

1 k olyfolie

1 e suurlemoensap

1 t Franse mosterd

1 e water

vars vis

Metode

 

  1. Plaas knoffel, sout, eiergele en heuning in voedselverwerker.
  2. Meng goed.
  3. Voeg olie stadig by en meng deurentyd totdat mayonnaise vorm.
  4. Skep in mengbak en roer swartpeper, suurlemoensap en mosterd by.
  5. Voeg water by indien nodig.
  6. Bedek en plaas in yskas tot benodig.
  7. Braai vars vis van keuse volgens smaak.
  8. Bedien aïoli met gebraaide vis.
Slank-Beesvleis-en-brokkoli-roerbraai-1
Beesvleis-en-brokkoli-roerbraai
2016-10-17

Beesvleis-en-brokkoli-roerbraai

Gewildste Resepte