Logo
Bravo New Imaging June 2022 Slim BB
web uni tv guide

Bravo!

144GlansjoernaalPG13 L
Ewan Strydom Bravo

Ewan is die jongste toevoeging tot die Bravo!-span. Hy is ’n internasionale model wat veral naam gemaak het in Asië met sy modelwerk.

Ewan Strydom is gebore en getoë in Johannesburg, en het na matriek Kaap toe getrek. Hy voltooi ’n kursus as persoonlike fiksheidsafrigter en maak sy deurbraak as model toe Boss Models Cape Town hom begin verteenwoordig.

Hy is ’n opgeleide fiksheidsinstrukteur, en sy twee groot passies is fiksheid en aanbiedingswerk.

Ewan het sy deurbraak op TV gemaak toe hy in 2011 die tydskrif-joernaalprogram All Access op M-Net aangebied het. Na vier seisoene op dié program het hy by SABC3 se ontbytprogram, Expresso, aangesluit en die laaste agt en ’n half jaar soggens regstreeks die fiksheidsegment van die ontbytprogram hanteer.

Hy het in 2017 as omroeper by die Kaapse radio-stasie Smile FM aangesluit en anker die middagprogram tussen 12:00 en 15:00.