Logo

Slaaibroodjie en Carmién tee-granola

4 Porsies

Slaai

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt gewys hoe om ’n slaaibroodjie met tuna en guacamole, sowel as heerlike granola voor te berei. Dié geregte is ideaal vir die kosblik.

Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Bestanddele

Carmién tee-granola:

125 ml kookwater

60 ml avokado-olie

10 ml kaneel

500 ml hawermout

125 ml amandels

60 ml pampoensaad

125 ml sonneblomsaad

250 ml bosbessies of rosyntjies

Slaaibroodjie:

1 x 200 g guacamole

8 snye vokoring- of bruinbrood

170 g tuna

1/4 komkommer

1 tamatie

1 wortel

slaaiblare

Metode

Vir die slaaibroodjie:

  1. Smeer die guacamole op vier snye brood. Skep tuna bo-op en plaas slaaibestanddele bo-op.
  2. Sit die oorblywende snye brood bo-op, sny deur en verpak in waspapier om dit vars te hou.
  3. As jy nie die broodjie vooraf wil voorberei nie, kan die bestanddele apart ingepak word en die toebroodjie eers met ete gebou word.

 

Wenk:

  1. Gebruik dieselfde bestanddele as ‘n vulsel in ‘n volkoringpita, volkoringwrap of broodrolletjie.

 

Vir die granola:

  1. Voorverhit die oond teen 180 °C en voer ‘n bakplaat met bakpapier.
  2. Plaas teesakkies in ‘n beker en skink kookwater oor. Laat tot baie sterk trek en verwyder teesakkies.
  3. Voeg olie en kaneel by die tee en meng goed.
  4. Plaas die res van die bestanddele in ‘n groot bak en roer die teemengsel deur tot goed gemeng.
  5. Skep in ‘n enkellaag op die bakplaat en bak vir sowat 15 tot 20 minute of tot goudbruin. Roer ‘n paar keer deur om te verhoed dat dit aan die kante brand of te bruin word.
  6. Laat heeltemaal afkoel en bêre in ‘n lugdigte houer tot benodig. Gebruik as peuselhappie in ‘n kosblik of sprinkel oor jogurt vir ontbyt of slaaie vir ‘n interessante tekstuur.

 


Kosblik 101 – Spyskaart: Week 8 Slaaibroodjie met tuna en Westfalia Guacamole Komkommer, plat-ertjies en pere Carmien tee granola as 'n peuselhappie Groot Borg: Pharma Dynamics Cooking from the heart Groot Borg: Westfalia Fruit Products Klein Borg: Carmien Tea

 

Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-06-27

Chakalaka-hamburgers

Gewildste Resepte