Logo

Spicy omeletslaai

05 Oktober

Slaai

4

'n Pittige slaai

IMG 6686 (1)
Bestanddele

Vir die slaai:

2 Rooi soetrissies

2 eetlepels Druiwepitolie

3 Eiers

2 eetlepels Melk

Seesout

Swartpeper grof gemaal

1/8 teelepel Rissiepoeier

1/8 teelepel Neutmuskaat

1 Klein Rooi kool

2 koppe Gemslaai

140 g Mielieskyfies

Vir die slaaisous:

1/4 koppie Olyfolie

2 eetlepels Heuning

1 Suurlemoensap & skil

1 teelepel Sterk mosterd

Seesout

Swartpeper grof gemaal

2 eetlepels Koljander fyngekap

Metode

Vir die slaaisous:

  • Klits bestanddele saam

  • Bedek en laat staan vir te minste 2 ure

Vir die slaai:

  • Sny soetrissie in repies

  • Meng met 1 eetlpl olie

  • Plaas op bakplaat en bak vir ’n paar minute in die oond teen 170˚C (waaier) of braai in warm pan, hou eenkant

  • Klits eiers en melk saam

  • Geur met sout, swartpeper, rissiepoeier en neutmuskaat

  • Verhit 1 eetlpl druiwepit olie in pan

  • Beweeg pan totdat olie die hele bodem bedek

  • Gooi eiers in pan

  • Bak omelet totdat bokant begin stol

  • Vou versigtig dubbeld en plaas op bord

  • Laat afkoel en sny in repies

  • Sny kool en blaarslaai in dun repies

  • Plaas in vlak opdienbak

  • Rangskik omeletrepies en soetrissie bo-oor

  • Rangskik mielieskyfies tussenin

  • Bedrup met slaaisous net voor opdiening

Empanada Braaibroodjie
Jan Braai
Sub Titel

Empanada braaibroodjie

Gewildste Resepte