Logo

Herfs Pastaslaai

6–8 persone

Pasta

424298

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

<p>Oorskiet pasta slaai01</p>
Bestanddele

1/4 koppie Pesto

1/2 suurlemoen Suurlemoensap

3 eetlepels Olyfolie

Sout & Peper na smaak

200 g Klein Tamaties

4-6 koppies Orige Pasta

1 blik Rooinierbone gedreineer

1 blik Kekerertjies gedreineer

1 pakkie Olywe ontpit & kleiner gesny

100-200 g Feta gekrummel

Metode

Meng die pesto, suurlemoensap, olyfolie en sout en peper saam.

Meng dan al die res van die bestanddele alles goed saam met die sous behalwe die feta.

Krummel die feta oor voor jy dit bedien.

Dit kan hou in die yskas vir so twee dae.

Gewildste Resepte