Logo

Nutella wafel-stapel met mascarpone en bessies

29 Augustus

5

Kokkedoor se .... en ... het vandeesweek die romantiek van die stad se neonliggies en ‘n flikkerende kampvuur bymekaargebring met hul Nutella wafel-stapel met Mascarpone en Bessies. Kry die resep hier. 

Waffels
Bestanddele

Vir die versierings:

5 ml vanielje-ekstrak

250 ml mascarpone

375 ml gemengde bessies (soos bloubessies, frambose, swartbessies en appelliefies)

125 ml suiker

Nutella of enige sjokoladesmeer van jou keuse

Vir die wafels:

2 k veeldoelige meel

1 t sout

20 ml bakpoeier

30 ml witsuiker

2 eiers

375 ml melk warmgemaak

80 ml botter gesmelt

Metode
  1. Voor jy die wafels maak, week die bessies deur hulle almal in ’n bak te meng met suiker en dan te laat staan vir 30 minute, roer nou-en-dan.
  2. Om die wafels te maak, meng die meel, sout, bakpoeier en suiker saam in ’n groot bak en sit eenkant. Voorverhit wafelyster.
  3. In ’n aparte bak, klits die eiers. Roer die melk, gesmelte botter en vanielje ekstrak in. Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en klits tot gemeng.
  4. Skep die beslag in ’n voorverhitte wafelyster. Kook die wafels tot goudbruin en bros.
  5. Om die wafel-stapel te vorm, plaas ’n wafel op jou opdienskottel en smeer Nutella bo-op. Herhaal hierdie proses met die res van die wafels en Nutella. Versier die wafel-stapel met ’n skeppie mascarpone, geweekte bessies en heuning druppels.
Screenshot 2019-08-22 at 12.59.55
Kokkedoor
22 August 2019

Geroosterde garnaal sosaties met pittige sous

Gewildste Resepte