Logo

Bruinrys-slaai met eier

03 November

4 Porsies

Slaai

767498

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer bruinrys-slaai met eier voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-5
Bestanddele

250 ml bruinrys

2.5 ml sout

10 ml olyf- of avokado-olie

4 extra groot eiers

15 ml water

2 tamaties

1/2 komkommer

125 ml heelpitmielies

1 wortel

30 ml Italiaanse pietersielie

15 ml kruisement

Slaaisous

45 ml olyf- of avokado-olie

30 ml wit druiwe-asyn

swartpeper

10 ml suurlemoensap

Metode
  1. Plaas rys en sout in 'n klein kastrol en bedek met water. Bring tot kookpunt oor matige hitte en prut vir 30 tot 40 minute of tot gaar. Dreineer, spoel af en laat afkoel. Of gebruik 250 ml gaar rys vir die slaai.
  2. Verhit olie in 'n klein braaipan. Klits 1 eier op 'n slag met 15 ml water en skink eier in die pan om 'n een-eier-omelet te maak en braai dit soos ‘n pannekoek. Laat stol en keer uit.
  3. Rol die omelette op en sny in repies. Laat afkoel en roer met die res van die bestanddele by die rys.
  4. Slaaisous: Meng al die bestanddele saam.
  5. Sit slaai voor met die slaaisous of skink van die slaaisous oor die slaai en verpak porsies in aparte kosblik-bakkies.

 

Wenk: Gebruik tuna of gaar bruin lensies in plaas van die eier, indien verkies.

 

 

Die resep word met trots geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, GLAD en ATKV.  

 

 

Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-03

Geroosterde groente quiche

Gewildste Resepte