Logo

Geroosterde groente quiche

03 November

12 Porsies

Gebak

656147

Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer geroosterde groente quiche voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Kry haar resep hier.

Die-GROOT-Ontbyt-2-1
Bestanddele

30 ml olyf- of avokado-olie

20 ml balsamiese asyn

15 ml gemengde kruie

2.5 ml sout

suurlemoensap

swartpeper

2 uie

3 murgpampoentjies

2 wortels

1 rooirissie

3 groot spinassieblare

1 wiel fetakaas

3 eiers

150 ml melk

handvol sonneblomsaad

Metode
  1. Voorverhit die oond teen 200 °C. Meng olie, asyn en gedroogde kruie in 'n groot mengbak. Geur na smaak met sout, suurlemoensap en peper.
  2. Voeg al die groente, behalwe die spinasie by en meng om die groente met die olie te bedek. Plaas in 'n enkellaag op ‘n bakplaat, uitgevoer met GLAD se Bake and Cooking paper.
  3. Rooster 20 minute of tot die groente goudbruin en gaar is. Roer die spinasie en feta by en rooster nog 5 minute of tot deurwarm.
  4. Voer ‘n muffinpan met GLAD Bake and Cooking Paper uit, deur die papier in klein vierkante te sny en voer elke muffin-holte met die bakpapier uit. Skep groentemengsel in die holtes.
  5. Klits eiers en melk saam and skink oor groente. Strooi sonneblomsaad oor en bak 15 tot 20 minute of tot gestol. Laat afkoel en pak in 'n kosblik.

 


Geborg deur Pharma Dynamics Cooking from the heart, Nulaid, GLAD, ATKV

 

Die-GROOT-Ontbyt-5
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-03

Bruinrys-slaai met eier

Gewildste Resepte