web uni tv guide

Socca

30 November

4 Porsies

Vegetaries

In ’n episode van Edik van Nantes 2 is kykers gewys hoe om socca voor te berei.

EVN2-Ep08-SOCCA-1
Bestanddele

2 k kekerertjiemeel

2 t sout

2 t grofgemaalde swartpeper

2 k lou water

12 e druiwepitolie

knippie fyn komyn

2 e heuning

1 groot ui

1 e vars roosmaryn

Metode

 

  1. Meng meel met sout en peper.
  2. Meng 2 kp louwarm water stadig by.
  3. Meng 4 eetlpl olie by.
  4. Meng komyn en heuning by.
  5. Bedek en laat staan eenkant.
  6. Verhit 3 eetlpl olie in pan en roerbraai ui tot goudbruin, ongeveer 8 minute.
  7. Roer roosmaryn by.
  8. Laat effens afkoel en roer by beslag.
  9. Gooi groot lepelsvol beslag in pan en bak klein pannekoekies (voeg olie by soos nodig).
  10. Verf pannekoekies met olie en hou in oond teen 100˚C tot benodig.

 


(Tradisioneel word groot pannekoeke, soos pizzas, gemaak. Dit word dan net voor opdiening onder oondelement geplaas totdat donkerbruin kolle verskyn en dan in skywe gesny).

Om mee te bedien: Verhit olie in pan en roerbraai 4 gekapte knoffelhuisies, 2 gekapte rooi uie, 500 g gekapte sampioene en 2 eetlpl balsamiese asyn saam. Geur met sout en peper en roer 2 eetlpl gekapte pietersielie by.

 

EVN2-Ep08-NUWE-RATATOUILLE-1
Edik van Nantes Kie About
2016-11-30

Nuwe ratatouille

Gewildste Resepte