Logo

Roereier vir die hele gesin

26 Februarie

4 - 6

Vegetaries

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2. Foto: Heleen Meyer

Die-Groot-Ontbyt
Bestanddele
Metode
  1. Klits eiers en water saam in ’n mengbak en geur met sout en peper.
  2. Verhit olie oor matige hitte in ’n braaipan (soos bv. ’n AMC 24 cm Chef’s pan) en voeg die eiermengsel by.
  3. Laat die eiermengsel geleidelik begin stol sonder om dit te veel te roer. Meng die eiers stadig met ’n eierspaan om te verseker dat al die rou eier gaar word. Moenie die eier te veel roer nie en keer dat die pan te warm word, want dit kan die eiers makliker laat vog uitstoot. Verlaag die hitte indien nodig.
  4. Indien jy van die bogenoemde lys van ekstra bestanddele wil byvoeg, roer dit by sodra die eier begin stol. (Of maak die roereier heeltemal gaar en skep die bestanddele bo-op.)
  5. Meng die roereier stadig tot net gaar en bedien dadelik. Geur met kruie en swartpeper.
  6. Sit voor met vars seisoensvrugte.

    Wenk: Indien jy roereier inpak vir iemand in ’n kosblik, pak die elemente apart in.
Groot Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-02-21

Groente- & fetaplaatkoekies

Gewildste Resepte