Logo

Groente- & fetaplaatkoekies

21 Februarie

Vegetaries

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 2. Foto: Heleen Meyer

Groot Ontbyt
Bestanddele

375 ml volkoringmeel (verkieslik steengemaal)

5 ml bakpoeier

250 ml karringmelk

2 Nulaid-eiers (groot, geklits)

4 murgpampoentjies (grofgerasper)

1-2 handvol baba-spinasieblare (grofgeskeur)

1 skyf fetakaas (gekrummel)

suurlemoensap en swartpeper (na smaak)

30 ml olyf- of avokado-olie (vir braai)

Metode

1. Plaas meel en bakpoeier in ’n groot mengbak. Klits die karringmelk en eiers saam in ’n aparte mengbak. Roer die karringmelkmengsel by droë bestanddele en roer tot goed gemeng.
2. Roer die groente en kaas by en geur na smaak met suurlemoensap en peper.
3. Verhit die helfte van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan (bv. AMC 28 cm Chef’s Pan). Braai lepelsvol van die mengsel tot goudbruin. Draai om en braai vir nog ’n paar minute tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
4. Herhaal met die res van die mengsel en nog olie, indien nodig. Sit voor as bygereg of as deel van ’n kosblik. Sit voor met growwe maaskaas as ’n doopsous.

Wenke
1. Geur die plaatkoekies met paprika, neutmuskaat of vars kruie, as julle daarvan sal hou. Gekapte pikantrissies sal ook lekker wees.
2. Geniet die plaatkoekies en maaskaas as ’n peuselhappie by ’n braai.

Die-Groot-Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-02-06

Pasta-oondgereg met hoender en brokkoli

Gewildste Resepte