Logo

Brood en blatjang

4 Porsies

Vegetaries

3

Maak ’n lekker blatjang om saam met brood voor te sit. Erik en Nataniël het in Edik van Nantes 2 gewys hoe.

EVN2-Ep10-Brood-Blatjang-1
Bestanddele

2 klein salotte

2 e botter

6-8 appelkose

½ pynappel

1 loerierblaar

1 takkie tiemie

4 e muscovado-suiker

4 e appelasyn

2 e sultanas

50 g okkerneute

bloukaas

Metode

 

  1. Smelt die botter in 'n pan en braai die salotte tot sag.
  2. Voeg die appelkoos, pynappel, tiemie, loerierblaar, asyn, suiker en sultanas by.
  3. Laat kook teen mediumhitte vir 10-15 minute, roer gereeld.
  4. Voeg die okkerneute 5 minute voor die einde by.
  5. Verwyder loerierblaar en tiemie.
  6. Bedien op vars brood met stukke bloukaas bo-op.
  7. Garneer met die groenteblare.
EVN2-Ep10-Andyvie-1
Edik van Nantes Kie About
2016-12-14

Gebraaide andyvie

Gewildste Resepte