Logo
Bravo New Imaging June 2022 Slim BB
web uni tv guide

Bravo!

144GlansjoernaalPG
Reynard Slabbert Bravo

Reynard Slabbert

Reynard is ’n man van vele talente!

Hy is gebore in Vryheid, KwaZulu-Natal, en het in 1999 aan die Hoërskool Port Natal in KZN gematrikuleer.

Hy het sy drama-graad aan die Technikon van Pretoria verwerf. Daarna het hy vir ’n jaar en ’n half by Disney World (ja, regtig!) gewerk en toe Engeland gaan verken.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika was die xenofobiese aanvalle op sy ergste en het hy by die United Nations Refugee Agency gewerk.

Hy is ’n opgeleide sommelier en bedryf ’n onderneming saam met ’n vriend waar hulle opleiding vir kelners in wyn-etiket gee.

Reynard Slabbert is ’n gesoute aanbieder en akteur. Hy het as aanbieder by die joernaalprogram Kwêla gewerk en was ook aanbieder van Huis Paleis.

As akteur het Reynard al in verskeie bekende TV-programme gespeel – die mees onlangse Mense Mense, die fliek Desember en rolle in Generations en Rhythm City.

Reynard het al in verskeie sepies gespeel, onder meer Egoli, Binneland: Sub Judice, Getroud met Rugby en 7de Laan. Hy het ook in reekse soos Sterlopers, Donkerland en Bloedbroers gespeel.

Sy verhoogproduksies sluit in Houtkruis, Esther, Sneeuwitjie sowel as Disney se Aladdin en Little Mermaid.

Reynard was ook vir ’n ruk lank omroeper op die radiostasie MIX FM in Johannesburg.

Hy het in 2016 by die Bravo!-span aangesluit en van sy hoogtepunte sluit in onderhoude met Anna-Mart van der Merwe en Mango Groove.

Hy was ook in 2018 in Samoa om ’n insetsel oor die Survivor: Island of Secrets op te neem.