Logo

Klein lensieburgers

11 Desember

Lewer 15 – 20 klein patties

Vegetaries

2

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is uit Cooking from the heart 1​. Foto: Heleen Meyer

Groot Ontbyt_11 Des
Bestanddele

410 g bruin lensies (sien wenke)

410 g botterbone (gedreineer)

1 ui (fyngekap)

2 eiers

75 ml volkoringmeel

1 wortel (gerasper)

15 ml tamatiesous

2,5 ml bakpoeier

15 ml suurlemoensap

10 ml gemengde kruie (gedroog)

7,5 ml koljander (gemaal)

2,5 ml sout

swartpeper (na smaak)

15 ml Westfalia gewone avokado-olie (vir braai)

Metode

1. Druk lensies en bone met ’n vurk of aartappeldrukker fyn. Meng met die res van die bestanddele, behalwe die olie. 
2. Verhit ’n bietjie van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan (gebruik ’n AMC 28 cm Chef’s pan). Skep sowat 60 ml van die mengsel per koekie in die braaipan. 
3. Braai tot dit bo-op begin stol, draai om en braai tot goudbruin en gaar. Herhaal met die orige olie en mengsel. 
4. Sit voor as klein lensieburgers op volkoringpitas of -broodrolletjies, met vars slaaibestanddele en ongegeurde jogurt of guacamole. En maak ’n vinnige kool-en-komkommerslaai – sien die wenk hieronder. 

Wenke
1. Geblikte lensies werk goed vir die resep of kook self lensies. Selfs gaar lensies wat dalk oorgebly het van ’n vorige ete kan gebruik word. Bruin lensies hoef nie geweek te word nie en kook sowat 30-35 minute. Kook rou lensies, soos rys, met 625 ml water vir elke 250 ml rou lensies. Gebruik 250-375 ml gaar lensies vir hierdie resep. 
2. Vinnige kool-en-komkommerslaai: Meng fyngesnyde wit kool, komkommerrepies en kruisementblare om saam met die burgers te geniet. Geur die slaai met Westfalia se suurlemoen-gegeurde avokado-olie in plaas van mayonnaise vir ‘n vars burger-bykomstigheid. 
3. Gebruik gerasperde appel in plaas van die wortel, as nog ’n manier om ’n natuurlike soet smaak aan die lensiekoekies te gee.

Groot Ontbyt_27 Nov 2017
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-11-27

Lekkerste lensie-en-eiervrugslaai

Gewildste Resepte