Logo

Botterskorsie-doughnut-balletjies met kaneelglaseersel

11 Desember

Maak ±50 poffertjies

Gebak

Tim het gou die titel as Ruiterbosch se doughnut-dief verwerf, want niemand se doughnuts is veilig met hom in die omgewing nie. 

Suidooster
Bestanddele

Vir die doughnuts:

500 g geskilde botterskorsie, in blokkies gesny

150 ml louwarm water

1 x 7 g sakkie kitsgis

5 ml strooisuiker

30 ml sultanas

530 ml koekmeel

15 ml gekapte roosmaryn

olie, vir diepbraai

Vir die kaneelglaseersel:

375 ml versiersuiker

90 ml melk

4 ml fyn kaneel

Metode

Hierdie gourmet doughnut-balletjies kan hy sommer in sy kies steek sonder dat iemand hom sien. As die geure van kaneel en roosmaryn hom net nie verklap nie. As jy die doughnut-balletjies warm wil eet, sprinkel net strooisuiker en kaneel oor in plaas van die glaseersel.

Vir die doughnuts:

Sit die botterskorsie in ’n mikrogolfbak, bedek met kleefplastiek.

Mikrogolf 14 minute op hoog of tot die botterskorsie baie sag is.

Dreineer enige oortollige vloeistof. Laat heeltemal afkoel en maak baie fyn met ’n aartappeldrukker.

Roer die louwarm melk, gis en suiker saam in ’n mengbak. Laat 10 minute staan of tot skuimerig.

Voeg die fyn botterskorsie, sultanas, meel en roosmaryn by. Meng goed.

Bedek die bak met kleefplastiek en laat 2 ure lank op ’n warm plek staan tot die deeg verdubbel het in volume.

Verhit olie vir diepbraai tot 170 C in ’n kastrol of diepbraaier (’n blokkie brood sal binne 2 minute goudbruin braai).

Skep lepels vol van die deeg in die warm olie en braai 5–6 minute of tot goudbruin en gaar.

Draai elkeen een keer om. Skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.

Laat afkoel.

 

Vir die kaneelglaseersel:

Klits die bestanddele vir die glaseersel tot glad.

Doop die afgekoelde doughnuts in die glaseersel en pak dit op ’n draadrak sodat die ekstra glaseersel kan afdrup.

Mrs J  VINNIGE VETKOEK-VISBURGERS -1
Suidooster Poster2
2019-10-07

Mrs J se vinnige vetkoek vis-burgers

Gewildste Resepte