Logo

Beet-burgers

09 November

4 Porsies

Vegetaries

703292

Probeer gerus hierdie beet-burgers wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.

EVN2-Ep05-Beet-Burgers-1
Bestanddele

Bestandele

1 klein eiervrug

1 medium gekookte beet

halwe rooiui

1 murgpampoen

4 ryp tamaties

1 t vars brandrissie

2 t vars tiemie

handvol bronkors

2 e rooiwynasyn

4 worsbroodrolletjies

avokado- of olyfolie

seesout

4 e hummus

2 groot sampioene

Metode
  1. Plaas die gekapte murgpampoen en 'n bietjie olyfolie in 'n groot pan en braai vir 3 minute, voeg die gekapte tamatie, brandrissie, tiemie en rooiwynasyn by en braai tot sag – hou eenkant.
  2. Rooster of braai die eiervrug- (en/of sampioen) skywe oor hoë hitte – hou eenkant.
  3. Rooster of braai rooiui oor hoë hitte – hou eenkant.
  4. Rooster of braai die brood aan beide kante oor hoë hitte.
  5. Smeer onderste helftes van broodrolletjies met hummus of pesto.
  6. Verdeel en stapel die beetskywe, eiervrug- of sampioenskywe en uie laag vir laag bo-op met die tamatie-mengsel tussen-in.
  7. Versier met basiliekruid, roket of bronkors of 'n mengsel van die drie.
  8. Geur met sout en olyfolie.
Slank-Vis-en-Slaai-1
Marokkaanse vis met salsa-slaai
2016-11-07

Marokkaanse vis met salsa-slaai

Gewildste Resepte