Logo

Tannie Elizabeth se roly-poly met ’n kinkel

09 Mei

Gebak

3

Foto: Getty Images

Probeer gerus Tannie Elizabeth van Koekedoor-faam se gebakte roly-poly met ’n kinkel.

Koekedoortjie Tannie-Elizabeth-se-roly-poly
Bestanddele

125 g botter

2 k meelblom

10 ml bakpoeier

2 eiers geklits

60 ml melk

appelkooskonfyt

2 suurappels

1 k suiker

1 k kookwater

1 k suiker

30 ml botter

Metode

Wat is die een vertroude resep wat Tannie Elizabeth van Koekedoor-faam voorstel vir erfenis. Daardie een resep wat, volgens haar, haar erfenis opsom? ’n Heerlike roly-poly met ietwat van ’n kinkel.

“Almal hou hiervan, want dit is nie te soet nie met die heerlike suurappel-smaak,” vertel sy.

“Dit was ’n gunsteling in my ouerhuis, maar my ma het dit sonder die appel gemaak en in ’n lang rol voorgesit. In my eie huis het ek die appels bygevoeg, en my gesin was mál daaroor.”

Volgens tannie Elizabeth het sy die roly-poly leer ken as nasionale poeding. “Ek was kind in die Nat-Sap-bedeling. Daarom seker ook ’n rede vir ’n gunsteling in my ouerhuis.”

Probeer gerus haar maklike resep:

  1. Hou 30 ml kookwater, een koppie suiker en 30 ml botter eenkant. 
  2. Sif meel en bakpoeier saam. Vryf botter in.
  3. Voeg geklitste eiers en genoeg melk by om ’n stywe deeg te maak.
  4. Rol die deeg dun uit. Smeer appelkooskonfyt daaroor. Rasper die twee appels oor.
  5. Rol dit op soos ’n konfytrol.
  6. Sny dit in skywe van so twee sentimeter dik. Pak in ’n bakskottel met gesnyde kant na bo.
  7. Meng 30 ml kookwater, een koppie suiker en 30 ml botter saam en giet oor jou beslag.
  8. Nog ’n appel kan nou bo-oor gerasper word. Skep dit tussen die rolletjies in.
  9. Bak teen 180 °C vir omtrent een uur tot ligbruin.
  10. Bedien met vla.
Koekedoortjie-Mari-Louis-se-melktertpoffertjies
Mari-Louis se melktert-poffertjies
2018-05-09

Mari-Louis se melktert-poffertjies

Gewildste Resepte