Logo

Stoomkoek (Suurlemoen of sjokolade)

23 November

4 Porsies

Gebak

Hierdie heerlike stoomkoek, wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is, kan met suurlemoen of sjokolade gegeur word.

EVN2-Ep07-STOOMKOEK-1
Bestanddele

6 eiers

170 g versiersuiker

180 g meel

3 t bakpoeier

3 e sonneblomolie

3 e suurlemoensap

gerasperde skil van 1 suurlemoen

Metode

 

  1. Klits eiers en versiersuiker deeglik.
  2. Sif die meel en bakpoeier saam (of kakoa vir sjokoladekoek).
  3. Voeg eiermengsel by die meel asook die suurlemoenskil en sap.
  4. Meng deeglik.
  5. Plaas bakpapier in 'n 15-20 cm koekpan, vul met die beslag en laat rus vir 10 minute.
  6. Intussen, neem 'n baie groot pot waarin die koekpan kan pas en plaas 'n voorwerp (soos 'n omgekeerde poedingbakkie) waarop die koekpan kan rus op die bodem van die pot.
  7. Vul met water tot in die middel van die bakkie en verhit tot kookpunt.
  8. Plaas die koekpan binne-in die pot, sit die deksel op en stoom vir 20 tot 25 minute.
Die-Groot-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-17

Suikerkoekies vir Kersfees

Gewildste Resepte