Logo

Souskluitjie hoenderpastei

03 April

4 persone

Gebak

275141

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Lekker hoenderpastei
Bestanddele

2-3 koppies Gaar hoender

1 blik Hoendersop

1 blik Groente

2 eetlepels Sago geweek

1 teelepel Tiemie gekap

Sout & Peper na smaak

1 koppie Bruismeel

1/2 koppie Botter gesmelt

1 koppie Karringmelk

(opsioneel) Uie-ringe vir versiering

Metode

Voorverhit die oond na 180C.

Verhit die hoendersop en groente, roer die hoender en tiemie deur.

Geur goed met sout en peper.

Skep in ’n oondvastebak op.

Om die deeg te maak, meng dit botter, meel en karringmelk.

Skep die deeg op die pasteivulsel met ‘n lepel en bedek dit goed.

Plaas die uie-ringe bo-op.

Bak vir 20-30 minute of tot goudbruin.

Gewildste Resepte