Logo

Kroek bobotie met (oorskiet) bolognese

03 April

4–6 persone

Gebak

349675

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Kroek Bobotie met oorskiet Bolognese01
Bestanddele

1 kg Oorskiet Bolognese Maalvleis

2 eetlepels Matige Kerriepoeier

1 teelepel Borrie

2 Appels gerasper

1 blik Lensies gedreineer

1 blik Kerrie Groente gedreineer

1 koppie Karringmelk

3 Eiers

Sout & Peper na smaak

Metode

Verhit die bolognese maalvleis tot warm en stoot dit dan als na die een helfte van die pan.

Strooi die speserye aan skoon kant van die pan en braai vir so minuut.

Roer dan alles goed saam.

Voeg die appel, lensies en groente by en roer weer goed deur.

Proe nou en geur na smaak.

Versprei dit gelyk uit in die pan of in ’n oondvaste bak.

Meng die eiers en karringmelk.

Gooi oor die maalvleis.

Steek ’n paar loerierblare in.

Bak teen 180C vir so 25-30 minute of tot goudbruin en gaar.

Gewildste Resepte