Logo

SJOKOLADEKOEK VIR STELLA

25 September

Gebak

3

Maak Stefan se heerlike sjokoladekoek wat hy vir Stella gebak het. 

Stefan SJOKOLADEKOEK VIR STELLA-1
Bestanddele

Vir die 1 laagkoek:

375 ml Suiker

125 ml Botter

15 ml Warm water

2 Eiers

125 ml Kakao

125 ml Warm water

500 ml Koekmeel

5 ml Koeksoda

2,5 ml Kremetart

Knippie sout

125 ml Karring- of suurmelk

10 ml Vanieljegeursel

Vir die Ganache:

125 g Donker-sjokolade in blokkies gebreek

10 ml Botter

60 ml Room

Vir die sjokolade-versiersel:

500 ml Versiersuiker

45 ml Kakao

100 g Botter

3 ml Vanieljegeursel

30 ml Warm water

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 x 20 cm-koekpanne en voer dit met gesmeerde bakpapier uit.

Verroom die suiker, botter en 15 ml warm water saam. Klits die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Meng die kakao en 125 ml warm water, en klits dit by die suiker mengsel.

Sif die meel, koeksoda en kremetart in ’n aparte bak saam. Meng die karringmelk en geursel. Voeg die meelmengsel en die karringmelk-mengsel alternatiewelik by die suiker mengsel. Klits tot net gemeng.

Gooi die beslag in die voorbereide panne en bak 25–30 minute tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat 10 minute in die panne staan en keer op ’n draadrak uit.

Laat heeltemal afkoel. Plaas die versiersel tussen die twee koeklae. Rond af met die ganache bo-oor die koek. Versier met vars bessies, indien verkies.

Sjokolade versiersel

Sif die versiersuiker en kakao saam. Klop die botter by en verroom tot sag. Voeg die geursel en genoeg warm water by om ’n gladde versiersel te maak.

Ryk ganache

Sit die sjokolade in ’n kastrolletjie, voeg die botter by en verhit dit stadig terwyl jy roer tot die sjokolade gesmelt is. Haal van die hitte af, voeg die room by en meng goed. Verkoel tot dit styf genoeg is.

Waffels
Kokkedoor
2019-08-29

Nutella wafel-stapel met mascarpone en bessies

Gewildste Resepte