Logo

Sjokolade en koffie -roulade

21 November

Gebak

3

Hierdie ryk donker sjokoladerol moet ten minste 12ure voor bediening gemaak word sodat dit sag kan word. Verwag dat die Roulade ‘n bietjie gaan kraak wanneer jy dit gaan rol.

Roulade – Net koffie
Bestanddele

200 g Donker sjokolade

200 g Strooisuiker

7 Eiers geskei

Vulsel

330 ml Volroom room

30 ml Espresso

15 ml Koffie liqueer

60 g Versiersuiker

ekstra Gemaalde sjokolade vir garnering

Metode
  • Berei ‘n bakplaat voor (swiss roll pan) met waspapier van sowat 33 x 23 cm (jelly roll pan).
  • Voorverhit jou oond op 180°C
  • Breek die sjokolade in blokkies en smelt in bak bo ‘n pan met water. Verwyder en laat die sjokolade afkoel vir 5 minute.
  • In ‘n groot mengbak, meng die suiker en die eiergeel saam totdat dit dig en pofferig is.  Meng dan die sjokolade by.
  • Klits die eierwitte totdat dit styf, maar nie droog is nie, vou dan die sjokolademengsel by.
  • Gooi die sjokolademengsel eweredig en gelyk in die voorbereide pan.  Laat dit bak vir 25 minute of totdat dit ferm is.  Laat die koek in die bakplaat en bedek met die afkoel rak. Maak seker dit raak nie aan die koek nie.  Bedek die rak met ‘n klam doek, en draai dan toe met kleefplastiek. Laat in ‘n koel plek oornag of ten minste vir 8 ure indien moontlik. 
  • Op ‘n groot bak plasing, plaas versiersuiker, draai die roulade uit en trek die kleefplastiek af.

Vulsel

  • Klits die room, koffie liquer en espresso saam totdat dit styf is en punte vorm.  Smeer die room oor die roulade.  Begin by een van die kort kante, gebruik bakpapier, en rol versigtig die roulade op totdat dit ‘n mooi sjokoladerol vorm.
  • Plaas die roulade, soomkant na onder, op ‘n bedieningsbord, met ekstra versiersuiker en sjokolade voor bediening.
Koffielog – Net Koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Donker sjokolade koffielog

Gewildste Resepte