Logo

Donker sjokolade koffielog

14 November

4

Hierdie resep sal werk in enige 26 x 8 x 4.5cm pannetjie of in ‘n 20 x 10 x 7cm broodpannetjie

Koffielog – Net Koffie
Bestanddele

250 g Scotts vingerbeskuitjies

360 g Donker sjokolade

80 g Ongesoute botter

1/3 koppie Kakao

1 blik Kondensmelk

20 ml Espresso

10 g Gemaalde koffie

40 g Ekstra donker sjokolade

Lekkers vir versiering bv. Smarties

Ekstra kakao om oor te sif

Metode
  1. Smeer die pannetjie en voer met bakpapier uit.
  2. Breek die sjokolade en sit dit in ‘n kastrol en smelt oor ‘n lae hitte
  3. Voeg die botter, kondensmelk en kakao by en meng goed.
  4. Voeg dan die espresso en gemaalde koffie by en meng weer goed. Sodra alles gesmelt en gemeng is, sit jy die hitte af.
  5. Breek die beskuitjie grof en voeg dit by jou sjokolade koffie mengsel. (Jy kan dit in ‘n plastieksakkie plaas en slaan met ‘n rolstok.)
  6. Skep in die pannetjie en druk goed in en maak gelyk bo-op.
  7. Pak dan ‘n laag koekies wat nou ‘n bolaag vorm in die pannetjie, maar eintlik die kors gaan wees wanneer jy hom omkeer.
  8. Sit in yskas vir ten minste 4 ure tot goed gestol.
  9. Haal uit en sit op ‘n opdien bord.
  10. Sit die ekstra sjokolade in ‘n mikrogolf bakkie en smelt 50%. Gebruik die gesmelte sjokolade en lekkers om die log te versier.
Rooibokboud – Net koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Rooibokboud

Gewildste Resepte