Logo

Rooibokboud

07 November

Soos gesien in die 6de episode van Net Koffie

Rooibokboud – Net koffie
Bestanddele

Rooibokboud ontbeen

450 ml Beesaftreksel

2 koppies Koffie

Dadels in kwarte gesny

50 g Tamatiepatee

Knoffel na smaak

1/2 Lemoen se skil

Roosmaryntakkies na smaak

Olyfolie

2 Uie

Rissiepoeier na smaak

10 ml Heuning

10 ml Rooiwynasyn

1 Kaneelstokkie

Sout

Peper

Metode
  • Verhit die olyfolie in jou pot en plaas die rooibokboud in die olyfolie en verbruin dit totdat dit verseël is.
  • Sodra die rooibokboud geseël is, haal dit uit vir verdere voorbereiding.
  • Terwyl die vleis voorberei word, braai die uie in die oorblywende olie tot sag en gekarameliseer.
  • Sny gate in die boud en vul dit met die knoffel en dadels. Waar die been uitgehaal is stop dit vol dadels, knoffel en roosmaryn.
  • Plaas die rooibokboud terug in jou pot saam met die uie, gooi die rooiwynasyn oor die boud en strooi speserye oor .
  • Vir die sous: voeg die bees aftreksel, vars uitgedrukte lemoensap en tamatie patee bymekaar. Meng goed met ‘n vurk en voeg die mengsel in jou pot. Moenie dit direk op die vleis gooi nie, maar hou dit aan die kante van jou pot.
  • Voeg dan die belangrikste element, die koffie by, weereens langs die kant en nie oor die vleis nie.
  • Strooi die lemoenskil oor die rooibokboud en plaas die kaneelstokkie bo-op.
  • Laastens gooi die heuning oor die rooibokboud.
  • Plaas die deksel op en in die oond/vuur vir ongeveer 3 tot 4 ure tot gaar. Geniet!
Mint Koek – Net Koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Koffie en Mint Koek

Gewildste Resepte