Logo

Koffie en Mint Koek

31 Oktober

Gebak

4

Maak seker dat die botter sag en romerig is voordat die droë bestanddele bygevoeg word

Mint Koek – Net Koffie
Bestanddele

25 ml Espresso

175 g Ongesoute botter

175 g Strooisuiker

225 g Bruismeel gesif

50 g Amandel meel

3 Eiers

Vulsel

50 g Ongesoute botter

115 g Versiersuiker

30 ml Crème de menthe

Metode
  • Voorverhit oond teen 180°C, jy gaan twee 18cm oondpanne vir die resep benodig.
  • Meng botter, suiker, meel, amandel meel, eiers en koffie in ‘n groot mengbak saam.  Meng deur totdat al die bestanddele goed saam gemeng is.  Verdeel in twee gelyke dele in die twee oondpanne.  Bak vir 25 minute. Laat die koeke afkoel vir 5 minute in oondpanne, draai uit op rakkie om verder af te koel.
  • Vulsel: verroom die botter, versiersuiker en crème de menthe saam in ‘n mengbak totdat dit lig en pofferig vermeng.
  • Smeer die vulsel in die middel van jou twee sponskoeke en sif versiersuiker oor die bolaag van die boonste koek, rond af met ‘n mint blaartjie net voor bediening
Pavlova – Net Koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Koffie Paflova

Gewildste Resepte