Logo

Koffie Paflova

24 Oktober

Gebak

4

Jy kan enige van jou gunsteling vrugte by die resep byvoeg.

Pavlova – Net Koffie
Bestanddele

30 ml Gemaalde koffie

30 ml Gekookte water

3 Eierwitte

2,5 ml Kremetart

175 g Strooisuiker

5 ml Mielieblom

Vulsel

150 ml Geklopte room

150 ml Crème Fraîche

500 g Vars vrugte

15 ml Versiersuiker

Metode
  • Voorverhit oond teen 140°C. Sny ‘n 20cm sirkel bakpapier uit en plaas op ‘n bakplaat.
  • Plaas gemaalde koffie in ‘n klein bakkie en gooi water oor die koffie, laat dit trek vir 4min en gooi die koffie dan deur ‘n baie fyn sif.
  • Klits eierwitte en die kremetart tot styf, maar nie tot dit droog is nie.  Klits die strooisuiker gelydelik by die meringue tot dit styf en blink is.  Voeg die mielieblom vinnig by en dan die koffie.
  • Gebruik ‘n lang mes om die meringue mengsel op die bakplaat te plaas en eweredig op die sirkel te versprei.  Maak liggies ‘n holte in die middel van die meringue.  Bak in die oond vir 1 uur, skakel dan die oond se hitte af en laat dit afkoel in die oond.
  • Skuif die meringue van die bakplaat na ‘n bord, trek die bakpapier af.  Klop die room styf, vou die crème fraîche by die room.  Skep in die holte van die meringue en plaas vars vrugte van jou keuse op die room mengsel.  Sif die versiersuiker oor die vrugte.
Untitled design (16)
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Karringmelk gesondheidsbeskuit

Gewildste Resepte