Logo

Karringmelk gesondheidsbeskuit

17 Oktober

Gebak

4

'n Heerlike beskuit om saam met 'n koppie koffie te geniet. 

Untitled design (16)
Bestanddele

Die droë bestanddele:

650 g nutty wheat

350 g bruismeel

375 ml bruin suiker

15 ml bakpoeier

250 ml hawermout

375 ml muesli

250 ml sonneblomsaad

150 ml bosbessies

150 ml rosyne

Die nat bestanddele:

500 g botter, gesmelt

500 ml karringmelk

2 eiers

Metode

Wenk:

Jy kan enige iets wat vir jou lekker is by die resep voeg. Die lekkerste deel van die resep is die beslag hoef nie te rys nie

 

Instruksies:

 

1.     Meng die gesmelte botter, karringmelk en eiers goed tot romerig.

2.     Voeg droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak en meng dit goed. Sif droë bestanddele vooraf.

3.     Maak ‘n holte in die middel van die droë bestanddele vir die karringmelkmengsel. Voeg die karringmelkmengsel by en meng dit liggies in met ‘n lepel. 

4.     Meng verder goed met die hand totdat die deeg ‘n bolletjie vorm in die bak. Knie die deeg goed.

5.     Wanneer jou deeg reg is voeg die laaste van jou bestanddele by: sonneblomsaad, bosbessies en rosyne. (hierdie bestanddele kan jy vervang met iets waarvan jy hou)

6.     Plaas jou beslag in ‘n vooraf gesmeerde bakplaat van ongeveer 20 x 30cm en druk dit liggies vas. Sny die lyne van jou beskuit met ‘n bottermes in. 

7.     Bak in ‘n vooraf verhitte oond op 180°C vir 40min.

8.     Sodra die beskuit klaar gebak is haal dit uit die bakplaat en plaas dit op ‘n droograk in die oond vir ongeveer 3 tot 4 ure teen 80°C.

Koffie roomys – Net Koffie
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Koffie roomys

Gewildste Resepte