Logo

Koffie roomys

10 Oktober

Vars gemaalde koffie gee die klassieke roomys ‘n baie gesofistikeerde smaak. 
Kies ‘n donker geroosterde koffie, soos Coffee Excellence se Legacy om ‘n ruik glans kleur te verseker.

Koffie roomys – Net Koffie
Bestanddele

4 eetlepels Donker geroosterde koffie gemaal

600 ml Volroommelk

200 g Sagte bruinsuiker

6 Eier gele

475 ml Volroomroom

Metode
  1. Plaas jou gemaalde koffie in ‘n beker.  Verhit die melk in ‘n pan tot net voor kookpunt en voeg die gemaalde koffie by die melk.  Laat dit staan vir 4 minute. 
  2. In ‘n groot mengbak, meng die suiker en eier geel tot lig.  Voeg die melk- en koffiemengsel by en hou aan meng.  Gooi die eier-, koffie- en melkmengsel terug in die pannetjie deur die hele mengsel deur ‘n fyn sif te gooi.
  3. Kook die koffie vla op ‘n baie lae hitte vir 1 tot 2 minute, en meng dit totdat dit die agterkant van ‘n hout lepel bedek.  Belangrik om nie te kook nie.  Plaas die vla in ‘n vlak vries bak en laat dit afkoel in die vrieskas vir ongeveer 2 ure.  
  4. Na 2 ure in die vrieskas klits die vla met ‘n vurk totdat dit romerig is.  Klits die room met jou elektriese menger totdat dit lekker punte maak en nie uit die bak uit val nie.  Meng die room in die gevriesde koffie vla in.  
  5. Jou roomysmengsel gaan nou terug vrieskas toe vir een uur. Na ‘n uur meng jy die roomys weer goed deur en dan gaan dit finaal terug vrieskas toe vir 4 ure of totdat dit solied is.  Voordat jy dit bedien, skuif jou roomys van die vrieskas na die yskas vir sowat 15 min.
  6. Bedien saam met jou gunsteling beskuitjie.  
Vye kompotem – Net Koffie 2
Net Koffie – Poster
Sub Titel

Vye kompotem

Gewildste Resepte