Logo

Vye kompotem

4

Vye kom in 3 verskillende variëteite -  rooi, wit en swart – al drie is geskik vir hierdie resep, hoog in suiker en komplimenteer die sterk geure van koffie en vanielje in die resep.

Vye kompotem – Net Koffie 2
Bestanddele

400 ml Gebroude koffie

115 g Heuning

1 Vanieljepeul

12 Vars vye

Griekse jogurt

Metode
  • Gebruik ‘n plat pan met ‘n deksel, groot genoeg om al die vye in ‘n enkel laag te pak.  Gooi eers die koffie en heuning by in jou pan.
  • Skei die vanieljepeul en skraap die sade in die pan.  
  • Bring die koffie, heuning en vanielje tot kookpunt en kook tot om en by 175ml.  
  • Laat koffiestroop afkoel.
  • Was die vye en prik die vel van die vye met ‘n skerp stokkie.  Voeg vye by die koffie stroop en laat die vye op ‘n lae hitte prut vir ongeveer 5 minute. Haal die vye uit die stroop en van die hitte af en plaas eenkant om af te koel.
  • ​Laat die vye tot kamertemperatuur afkoel vir 1 uur en bedien met griekse jogurt of saam met jou gunsteling kaasbord.
Biltong braaibroodjie – Jan Braai
Poster 320x480
Sub Titel

Biltong-braaibroodjie

Gewildste Resepte